Sunday, 20 May 2007

Kan ek 'n doggy bag kry asseblief?

So ver as wat kos gaan is dit nog steeds net een groot avontuur, ek kan nou al baie makliker iets eet al weet ek glad nie wat dit is nie, solank ek net sien iemand anders in die restuarant dit ook eet.
Een van die hoogtepunte vir my is die melk tee waaroor almal so mal is met die swart jellie balletjies is, dis eintlik heel lekker as jy eers gewoond raak aan die kleur en tekstuur van die jellie goedtjies wat van tyd tot tyd met jou stooitjie opskiet (Note to self: warm tee deur 'n stooitjie is baie baie warmer)
Ek het Vrydag aand een van die hardgekookte/gemarineerde eiers gehad, dit was heel oraait vir my solank as wat ek nie kyk vir dit terwyl ek dit eet nie:Ek en Renier het gister aand gaan hotpot eet, dis soos die sjinese weergawe van fondue vs potjie kos: 'n groot pot in die middel van die tafel en jy gooi wat jy wil he in die kookwater. Ons was eregaste en het 'n 6kg hoender gekry, hulle het die arme outjie agter uit die hok gaan haal en vir ons gewys voor hulle hom gaan "voorberei" het. Die paartjie langs ons het hoender brein as deel van hulle hotpot gehad... Hond is ook gewild by Koreaanse restuarante maar ek wil niks verder daaroor uitvind nie:)

Smaaklike ete