Oktober 31 was Halloween gewees en al die Amerikaanse onderwysers wou graag 'n partytjie gegooi het waar hulle 'n pampoen uithol, opsny en buite die deur sit met 'n kers in. Kort hierna daag Batman op, die Australiaanse LO onderwyser by die skool, moet se hy is nogal 'n karakter: ek het hom voorgestel aan Captain Morgan, en ek dink dit was 'n fout gewees: hy is hopeloos verslaaf daaraan!
Thursday, 13 December 2007
Batman en halloween
Ons het 'n klomp jong onderwysers van Amerika en Kanada af sowel as 'n paar van Nieu-Seeland, Australie en 'n paar ander obskure plekke. Meestal gee hulle Engels vir die Sjinese afdeling en word gewoonlik gesê watter punte hulle klasse moet op uit average:)

Oktober 31 was Halloween gewees en al die Amerikaanse onderwysers wou graag 'n partytjie gegooi het waar hulle 'n pampoen uithol, opsny en buite die deur sit met 'n kers in. Kort hierna daag Batman op, die Australiaanse LO onderwyser by die skool, moet se hy is nogal 'n karakter: ek het hom voorgestel aan Captain Morgan, en ek dink dit was 'n fout gewees: hy is hopeloos verslaaf daaraan!
Oktober 31 was Halloween gewees en al die Amerikaanse onderwysers wou graag 'n partytjie gegooi het waar hulle 'n pampoen uithol, opsny en buite die deur sit met 'n kers in. Kort hierna daag Batman op, die Australiaanse LO onderwyser by die skool, moet se hy is nogal 'n karakter: ek het hom voorgestel aan Captain Morgan, en ek dink dit was 'n fout gewees: hy is hopeloos verslaaf daaraan!
Anji
Die Learning centre vir wie ek gewerk het, het op 'n uitstappie gegaan na Anji, 'n plek wat baie bekend is vir bamboes en ook Sjina se grootste vervaardiger blykbaar is daarvan. Dit was ook die plek waar Crouching Tiger Hidden Dragon gemaak was. Die ou in die foto was my persoonlike toergids gewees: eks bly om bietjie informasie te kry en hy is net bly dat hy 'n kans het om Engels te praat.

Na dit het ons na 'n park gegaan waar dalk 'n klein dieretuin was wat eksotiese diere soos perde en honde gehad het (Onder is 'n foto van rooi panda of beer kat, soos hulle dit hier noem). Daar was 'n opvoering deur 'n Sjinese minority groep mense en ons kon saam met hulle om bamboes stokke dans - hulle beweeg die stokke heen en weer op 'n ritme en dan moet mens tussen deur dans sonder dat die stokke jou tref - nogal pret!

Ons het gestop by 'n groot ou houthuis een of ander tyd naby die tweede wêreld oorlog deur soldate gebruik was. Die hele huis is van hout gemaak, geen gom of sement nie, net wiggies en watookal anders mens doen om hout aanmekaar te hou:) Die baas van die learning centre het gese dat sy grootgeword het in een van die huise en dat sulke huise baie karakter het: jy weet permanent waar almal in die huis is want die vloere kraak mos. Daar is bietjie meer geskiedenis oor Anji op Jackie Chan se blog by http://www.jackiechan.com/message_view?cid=766
International school of mystery
Ek het onlangs 'n werk losgeslaan by 'n internasionale skool in Changzhou, 'n stad met so 4 miljoen mense, net buite Shanghai. Die skool het drie afdelings: Sjinees, Nieu-Seeland en Internasionaal - ek val onder die laaste afdeling. Daar is omtrent 500 kinders in die skool altesaam met so 200 in die internasionale afdeling.
Saturday, 29 September 2007
Nanjing
Nanjing is die ou hoofstad van Sjina, die naam beteken Suid Tempel waar Beijing weer die Noord Tempel is. Ek hou van die eenvoud: definitief 'n deurlopende tema hier. Al die foreigner onderwysers by die skool is na Nanjing vir die naweek: Ons werk 6 dae aan, Sondag af en dan 5 dae aan met 'n lang naweek van Vrydag tot Sondag, voor jy dink dis oulik, dit is nie - ek kon nooit gewoond raak daaraan nie!
Ons het met die trein deur geskiet vanaf Changzhou, dis gerieflik en vinnig. Ek was net bietjie uitgeput na die lang kort-week en sommer aan die slaap geraak met 'n heineken in my hand en 'n uitdrukking soos die van 'n koma pasient op my gesig, 'n foto is natuurlik geneem en op facebook gesit.
Nanjing het 'n geskiedenis, mees bekend vir "The rape of Nanking", ek het 'n boek daaroor gelees genaamd Dragon seed. Ek sal dit nogal aanbeveel want dis 'n goeie storie en dis goed vertel, ek het sommer 'n traantjie gepik toe ek sien die mense is steeds net so rustig en vriendelik soos hulle in die boek beskryf was, 60 jaar terug...
Wednesday, 29 August 2007
Shandong, Qufu
Die internationale skool het op 'n uitstappie gegaan na Qufu, Confucius se dorp 2400 jaar gelede. Baie interresant en baie oud.
Dit was 'n lang trippie gewees en ons het gestop oppad soontoe by die berge waar Mao Zhedong (vorige president) 'n groot opponent gewen het om die land te wen. Die opponent het toe by een van die berge afgespring omdat hy so vernederd was oor verloor - ek sal nie verbaas wees as hulle hom afgestamp nie.
Ek het met 'n erge hoofpyn wakker geword 2uur die oggend, niks medikasie by die hotel, die taxi vat my na 'n hospitaal, ek verduidelik dat ek 'n hoofpyn pil soek. Die suster verstaan nie, sy wil weet hoe baie ek hoofpyn kry, ek verduidelik dat ek gewoonlik baie kry (ek het nie genoem dat dit meer geword het vandat ek in sjina is nie), ek soek net hoofpynpille, sy verstaan kop, pyn en pille - maar ek kry nie hoofpyn pille nie. Die "gesprek"/pictionary/charades hou aan vir omtrent 20 min waarna ek vir haar se dat ek beter voel en nou moet gaan.
Ek se die taxi drywer "chifan", ek soek kos. hy verstaan. ek kry 'n bak gekookte deursigtige noodle-agtige, spicy stringe wat my darem bietjie beter laat voel teen 2.5 maal die gewone prys (special foreigner discount), terwyl my taxi se meter steeds loop omdat hy ook vir my kos wag en nie vir my se dat my hotel 50m van daar af was nie.
Nog 'n dag in Sjina.
Changzhou
Ek is aangestel by 'n internationale skool in Chanzhou as wiskunde onderwyser, vandat ek hier aangekom het, het my werkslading verdubbel in terme van vakke wat ek moet gee, buiten dit is ek laaste in die lyn gewees toe kamers uitgedeel was omdat ek die een gekry het wat 'n kas, 'n lessenaar en 'n bed bevat. Die bed is so groot dat daar nie plek is vir 'n stoel nie. Die mense met wie ek bly is darem vriendelik.
Die stad self is baie groter as my ou Taicang met 'n populasie van 4 miljoen, 'n redelike dorp op sjinese standaarde. Changshou is bekend (in Sjina) vir sy groot pagoda, die grootste in die hele wereld blykbaar. Ek het nie opgegaan nie, hulle charge jou seker per verdieping soos ek die donders ken.
Ek geniet dit om met die die bus na downtown te ry, dit kos my R1 vir 'n rit en dit middestad is vrolik, besig en kleurvol. Die klein goedjies wat ek waardeer is soos volg:

- Die dak is geisoleer dus vrek ons nie van die ekstreme temperature nie, en verminder so ook die elektrisiteit rekening met minder aircon.
- Die water, dank die Here, word afgelewer: niks meer 22.5L dromme vir 6 verdiepings op dra nie!
- Meeste verdiepings in meer as 6 verdiepings en het dus hysbakke volgens wet.
- Daar is busse, niks meer 3 km loop vir KFC nie
- Daar is wit mense, wat Engels is, nie praat nie maar is!
- Daar is 'n winkel wat 'n kas quarts bier verkoop vir R30, 50m van ons villa af.
- Daar is 'n winkel waar net foreigners mag koop, in die winkel is daar suiwel produkte en captain morgan, ek het amper gehuil toe ek dit sien!
Saturday, 11 August 2007
Aandklasse
Daar is omtrent 80 Duitse maatskappye in Taicang, so daar is baie mense wat graag vir hulle mense wil Engels gee (hoekom hulle nie eerder die mense Duits leer nie weet ek nie): ek het by twee maatskappye in gekom vir Engels gee.
Dis lekker om 'n onderwyser in Sjina te wees, onderwysers en gaste word baie belangrik geag en altyd spesiaal hanteer: so ek score redelik in beide afdelings. Die onderwyser kry gewoonlik die beste stoel in 'n kamer, loop eerste by 'n deur in, word nie onderbreek of bevraagteken nie: wat eintlik vir my 'n hoofpyn was (wel, alles behalwe die stoel deel...).
As jy vir hul opinie oor iets vra sal hulle nie sommer iets erger sê as "so-so" nie, hulle skaal vir kritiek gaan van "not good", "so-so" tot "very gooda", maar hulle sal net "not good" se in die gevalle waar meeste Westerse mense sal vloek en skel...
Die laaste klas is altyd baie lekker, gewoonlik gaan almal vir ete (die teecha betaal natuurlik vir niks), en gun bei (bottoms-up) groot hoeveelhede ligte bier met elke individuele student sowel as die hele groep saam en daarna enige iemand wat voel dis nodig om weer dankie te se vir die onderwysher.
Van hier af is dit gewoonlik KTV of karaoke toe: ek moes my karaoke vaardighede bietjie opskerp omdat hulle snaaks genoeg ophou drink na die restaurant (dan eet ons net vrugte en neute en drink koeldrank), en dis gewoonlik wat ek nodig het om die moed op te bou te sing. Boonop dit kan meeste van hulle baie goed sing, 'n paar Engelse gunstellinge:

- Sha-lala-lala
- Yellow lemon tree
- My heart will go on
- Baie liedjies van die Beatles en soortgelyke trawante
Monday, 30 July 2007
Kos en culture clashes
Ek het gisteraand saam met een van die aandklas groepe gegaan na 'n groot riviermond waarvoor Taicang blykbaar bekend is (ja, dit is die rede hoekom Taicang sooo bekend is). Na ons bietjie vir die rivier gekyk het was dit tyd vir aandete: ons het na Leo Hur (of so iets) gegaan wat 'n klomp oulike ou straatjies gehad het met lanterns, ou ooms wat sit en kaart speel en die bruggie:
Na die stappie was ons restaurant toe gewees, ek is altyd beïndruk met al die kos wat hulle uitpak. Dis een van die klein goedjies wat mens 'n idee gee van die Sjinese: die kos is almal s'n, jy vat wat jy nodig het. Ek is nou al op die punt waar ek omtrent 20% van die kos wat ek eet kan herken, en van daardie porsie wat ek wel ken, weet ek nie HOE om te eet nie!
Die rofste was die bord net agter die mini-lobsters voor links: it smell very bad but taste very gooda! Ek kon my maag nie stop om omtrent 2 bollemakiesies te maak voor elke hap wat ek vat met die verskriklike reuk in die lug nie! Ek kon myself nie stop om te giggel vir die hele situasie nie - amper soos mense by 'n begrafnis of in 'n hospitaal begin giggel vir enige ding.
Een ding wat ek opgemerk het is dat die mense selde vra vir 'n doggybag, ek het eers gedink dis baie morsig en het beter verwag van hulle, maar die ou langs het vir my verduidelik dat meeste Sjinese eenvoudig net te skaam kry om te vra om die left-overs huis toe te vat, selfs al het hulle die kos nodig.
Die rofste was die bord net agter die mini-lobsters voor links: it smell very bad but taste very gooda! Ek kon my maag nie stop om omtrent 2 bollemakiesies te maak voor elke hap wat ek vat met die verskriklike reuk in die lug nie! Ek kon myself nie stop om te giggel vir die hele situasie nie - amper soos mense by 'n begrafnis of in 'n hospitaal begin giggel vir enige ding.
Saturday, 28 July 2007
Ek kyk op na die sterre...
en wonder by myself: waar is my kombuis dak heen?
Ek het laas Sondag na die dorp se swembad toe gegaan wat net 'n paar minute te fiets is van my af. Nadat ek geswem het en reg was om huis toe te gaan sien ek dat almal saam staan by die ingang. Niemand kon uitgaan omdat daar 'n hengse storm buite aan die gang was! Een van daais waar die bome sommer buig en die reën net sous!
Ek het 'n paar minute gewag vir die storm om bietjie te bedaar en toe maar na my fiets toe gehardloop en ter vergeefs die slot probeer oopsluit in die midde van die hierdie storm, na omtrent 'n minuut besef ek dat dit iemand anders se fiets was, ek het myne 'n bietjie verder gevind en huistoe begin ry. Op party plekke was die water seker 20cm diep.
Ek het by 'n Duitser ingeloer op pad huistoe en daar gewag tot die storm verby gegaan het. Ek kom uiteindelik later die aand by die huis aan en vind dat ons kombuis dak oor gevou was tydens die storm - wat kan 'n man maak? Gelukkig bou die mense mos soos demone, so die dak was vervang binne omtrent 'n dag en 'n half.

Dit raak nou warm hierso...
Taicang le tussen drie groot stede in sjina wat na verwys word as die drie oonde, en dit met goeie rede. Omdat Sjina so groot is, is dit eintlik te warm vir meeste mense buite die area, net die wat hier bly raak die hitte soortvan gewoond.
Dis interresant om te sien dat 'n blas of donker vel nie so populer soos in die Weste is nie, hier is dit net die mense wat in die ryslande werk of "die werkers" wat heeltyd in die son is en dus donder velle het. Ek was so bly dat ek bietjie 'n tan ontwikkel net om agter te kom dat mense neer kyk daarop!
Hier is 'n foto van 'n ou huis (seker nie meer as 'n honderd jaar oud nie) wat ons raakgeloop het op 'n uistappie na 'n ander stad. Die hele huis is met hout aan mekaar gesit, dis hofsaaklik net houtplanke en wiggies.
Sunday, 8 July 2007
Die prys van rys
Dis redelik maklik om rys-landerye te vind as mens op die buite wyke (Renier het my gehelp met daai woord) van die stad rond ry. Ek het vanoggend gehoor dat die boere rys plant een helfde van die jaar en graan die ander helfde, en dit in dieselfde grond.
Ek was verbaas om te sien dat rys die hele tyd in water le en groei, ek sou dink dat malaria 'n bietjie van 'n issue sou wees maar lyk my nie dit is in Taicang 'n probleem nie. Ek was ook gese dat 'n gemiddelde boer so R800 vir hul graan oes kan kry, nog nie uitgevind oor die rys nie maar dis op my lysie so hopelik sal die spanning nie te lank duur nie.
Ek het gedink ek sou darem meer oor rys in sjina kon se maar ek dink ek het sopas al daardie kennis uitgeput in die vorige paragraaf...
Childrens day
Ek sien nou eers hoe lanklaas ek gepost het, sal 'n paar hoogtepunte deur die volgende dae probeer blog, maar dit was maar redelik skouer teen die wiel gewees so daar is nie iets eksoties om te rapporteer nie ongelukkig.
Dit was Childrens Day hier gewees op die 1ste Junie so die kinders het net tot 12 uur klas gehad op die vorige dag. Elke klas moes 'n aktiviteit voorberei waaraan ander klasse kon deelneem. Hier is 'n paar van die dinge wat hulle kwyt geraak het:
Ek het oraait gedoen met die albasters (vir 'n 10-jarige miskien) en kon gelukkig een basketbal deur die ring gooi om vir my 'n paar sjokalade marsmallows te wen...

- Hardloop met 'n ping-pang bal rond
- Plak die regte neus op die regte prentjie (geblindoek)
- Hoeveel albasters kan jy met chopsticks uit 'n bak water haal in 'n minuut. Dis nogal pret.
- Basketball natuurlik
- Crackers skiet (kooltjie hang aan 'n visstok en jy moet dit teen 'n lont balanseer tot dit vat)
- Hoeveel kerse kan jy dood blaas op 'n afstand van 'n meter en 'n half (omtrent)
Ek het oraait gedoen met die albasters (vir 'n 10-jarige miskien) en kon gelukkig een basketbal deur die ring gooi om vir my 'n paar sjokalade marsmallows te wen...
Summer jobs: Good afta-yoooo!

Die skole het die week toe gemaak en somer vakansie in nou in full swing, so ek tel maar deeltydse werkies op waar ek kan. Dit is gelukkig nie te moeilik nie aangesien ek en Renier seker 2 van 10 Engelse onderwysers is tussen 'n half-miljoen mense is; of altans so sou mens dink.
Ek was gevra om uit te help by 'n program vir kinders net buite die middestad wat lyk asof dit nogal goed uitdraai. Die tjokkertjies is omtrent 6 jaar oud met geen Engelse agtergrond of blootstelling nie. My eerste les was soos volg:
Hello! (uitgespreek HAA-LOU)
Hi!
Good morning (goo-da mo-knee)
Good afternoon (goo-da afta-yoooo)
Good evening (goo-da eef-knee)
Ek geniet dit baie, mens kan nie rerig jou voet verkeerd sit met die mense as jy wit is nie, en die kinders is ook baie gretig om te leer. Sal in die volgende blogs bietjie iets se oor skool gaan in sjina.
Hier is die teazer solank: Dis heel normaal as 'n kind skool gaan van 7:30 tot 21:00 elke dag, 13 van elke 14 dae. Tot later.
Friday, 29 June 2007
"That makes no sense"
Een van die 5 werke wat ek die jaar opgedoen het het my laat land in Anting, net buite Taicang: Ek gee Engels vir 'n vrou by die maatskappy vir 4 ure 'n dag vir 20 dae. Dit is my beste betalende werk nog.
Ek het lekker gelag vir die vrou vandag: sy begin nou stadig maar seker meer selfvertroue kry met haar engels en begin om nuwe sinne te probeer. Sy vertel my dat hulle een Duitser het wat gereeld tydens vergaderings se: "That makes no sense". Sy het nie geweet wat dit beteken nie, maar het toe afgelei dat (wag vir dit) dit seker iets soos "no matter" of "not at all" beteken.
Sy vertel hoe sy in 'n gesprek dit toe op die proef gestel het in 'n vergadering: Na almal klaar gesels het en vir haar bedank het, se sy toe heel polite "that makes no sense", loop weg en los die res van die geselskap in vraagtekens.
Ek voel jammer vir die Duitser wat so baie se "that makes no sense" dat hulle dit verwar met "no problem" van alle dinge, dis 'n tipiese voorbeeld van dinge wat verlore gaan in vertaling hier.

Sunday, 20 May 2007
Kan ek 'n doggy bag kry asseblief?
So ver as wat kos gaan is dit nog steeds net een groot avontuur, ek kan nou al baie makliker iets eet al weet ek glad nie wat dit is nie, solank ek net sien iemand anders in die restuarant dit ook eet.Een van die hoogtepunte vir my is die melk tee waaroor almal so mal is met die swart jellie balletjies is, dis eintlik heel lekker as jy eers gewoond raak aan die kleur en tekstuur van die jellie goedtjies wat van tyd tot tyd met jou stooitjie opskiet (Note to self: warm tee deur 'n stooitjie is baie baie warmer)
Ek het Vrydag aand een van die hardgekookte/gemarineerde eiers gehad, dit was heel oraait vir my solank as wat ek nie kyk vir dit terwyl ek dit eet nie:
Ek en Renier het gister aand gaan hotpot eet, dis soos die sjinese weergawe van fondue vs potjie kos: 'n groot pot in die middel van die tafel en jy gooi wat jy wil he in die kookwater. Ons was eregaste en het 'n 6kg hoender gekry, hulle het die arme outjie agter uit die hok gaan haal en vir ons gewys voor hulle hom gaan "voorberei" het. Die paartjie langs ons het hoender brein as deel van hulle hotpot gehad... Hond is ook gewild by Koreaanse restuarante maar ek wil niks verder daaroor uitvind nie:)Smaaklike ete
Tuesday, 24 April 2007
Geloofskwessies
So 2 weke terug se les het gehandel oor die A-wim-ba-we liedtjie: The Lion sleeps tonight. Ek het verduidelik dat dit 'n ou Zoeloe lullaby was (ek kon uit die groot tekort aan reaksie sien dat 'n paar honderd jaar nie kwalifiseer as "oud" in sjina nie), ek het ook vir hulle vertel dat die zoeloes glo in 'n skepper genaamd Nkulukulu, dit was nogal vir hulle 'n snaakse konsep (nie dat hulle gelag het nie, hulle is net nie gewoond aan so iets nie).Ek kon nog nie een persoon kry om vir my enigsins gelyksoortige persentasies kon gee oor wie wat glo nie, maar dis gewoonlik een of die ander of selfs 'n mengsel van bud1s me of tao1s me -agtige gelowe: al wat ek van die kon aflei is dat hulle crackers skiet met troues, geboortes, restuarante wat oop gemaak word ens. ens. Party het ook sekere g0de wat hulle aanbid vir goeie geluk - als wentel om geluk hierso. Alhoewel die mainstream gelowe is ook hier maar net 'n baie kleiner persentasies.
Hulle is ook erg oor hulle sel-nommers, nog nie mooi uitgevind nie maar lyk my 4 en 8 is nogal prominent: een is goed en die ander een sleg of so iets, steur my nie rerig daaraan nie. Hoe beter die nommer, hoe duurder. My sel nommer kon my enige iets van R40 tot R1000 gekos het, ek het besluit om my kanse te vat en maar vir die R40 opsie gegaan...
Dating and ettiquette

Ek was bietjie geskok dat skool kinders basies verbied is om te date. Jy kry darem 'n paar rebelle hier en en daar, maar hulle erg is in die minderheid. Nie dat dit 'n groot verskil vir my sou gemaak het op skool nie, maar dit was nice om te weet dat die moontlikheid daar was:) Dit veroorsaak ook dat 'n klomp mense sommer net trou met die eerste persoon met wie hulle begin uitgaan in universiteit.
Meeste vrouens hier dink ook dat dit baie snaaks is dat ek vir hulle die deur oopmaak of anders as mans hanteer: meeste maak sommer vir my die deur oop! Selfs die seuns en meisies in my klasse sal mekaar glad anders hanteer agv geslag nie: geen spesiaale hantering omdat jy 'n meisie is nie. Anders. Baie anders.
What is you English name?
Ek het besluit dat almal Engelse name moet kry, eersten omdat dit hulle bietjie meer Engelse exposure gee en tweedens dat ek nou 'n kans staan om 'n paar te kan onthou.
My gunstelling name:
- Hamburger
- Wonderful
- Miffy
- God
- Franjessica
- Sky
- Nike (outjie wat pose links voor in die foto)
- Chairperson Zhu
- Handsome
- Sleep
Dis interesant dat hoe meer tyd ek spandeer met die kinders en hulle gesigte gewoond raak en begin onderskei, hoe meer begin hulle vir my identies lyk soos enige Suid Afrikaanse skool kinders: die stilles, die woeliges, die karakters ens. ens. Dis eintlik ontnugterend hoe presies dieselfde almal is.
How to become an instant celebrity...
Vandat ek en Renier getrek het na Taicang toe begin ek nou eers rerig voel soos 'n uitlander. Ons word gedurig uitgekyk in die strate of in KFC (ons een westerse straaltjie hoop in die stad), mense sal sommer net blatant staar.Die handtekening konsep is baie snaaks vir Sjinese, blykbaar skryf hulle net hul naam en dan is dit ook hul handtekening. Nadat ek geteken het om die projektor te kon gebruik, het die hele klas begin oe en ah en voor ek myself kon kry was ek besig om lings en regs boeke en papiertjies te teken:)
Selfs as ek in die gange afloop verby 'n groepie kinders, neem hulle gesels al hoe meer af tot 'n absolute stilte, die spanning word dan gebreek deur 'n enkele "HA-LO", gevolg my "Hello" en dan giggel almal en hardloop weg.
Ons is nie die enigste westerse mense hier nie: daar is heelwat Duisters en Duitse maatskappye, maar hulle hou redelik by hulself. Andersins weet ek van een Aussie by die learning center waar ek engels gee vir volwassenes, en 'n New Zealand en American tannie by die hoerskool langs die skool waar ek is.
Ek moet se dat die enkele ding wat ouers die grootste laat glimlag, is as jy hulle kinders groet. Ons het selfs al gehad dat mense wat verby ons ry, die kar stop, die venster oopmaak en hulle kind laat "HA-LO How ah yoo?" oefen. Dis net 'n plesier en eintlik heel maklik om amper elke dag met 'n glimlag van die werk af terug te stap huis toe.
Terug skool toe
Keuring is nogal groot hier met al die hengse populasie en al: hulle keur jou selfs vir jou laerskool en vind dit snaaks dat ons gewoonlik net een jaar kleuterskool het voor ons skool toe gaan, indien enige.
Meeste van die kinders bly in koshuise op kampus en kan al hul etes kry by die kafeteria. Elke klas het 'n baie groot TV wat kan inskakel by jou laptop (hou in gedagte die is 'n publieke skool), daar is ook blykbaar internet alhoewel ek dit nog nie gesien het nie.
In die foto hier kan jy twee meisies sien die tuin skoon maak sonder enige klagtes, heel hard aan die werk.
Miskien wil die skool hulle leer om nie neer te kyk op straatveers as hulle eendag groot is nie, miskien probeer hulle net 'n randtjie spaar:)
Labels:
kinders,
skool,
skoonmaak,
taicang,
tegnologie
Can you do the penguin?

My eerste dag as oral teacher was redelik nerve wrecking gewees, gelukkig was ek al gewoond daaraan om in 'n wild vreemde klas in te storm (weet nie hoe oud hul is nie, weet nie hoe goed hul engels is nie) en te begin klas gee: die gevreesde "Demo class".
Ek gee oral english aan die graad 7's, my eerste les (volgens hulle handboek) was oor micro-organisms: soos in fungus, bacteria, vaccinations en die lot. Hulle reaksie was nie baie goed gewees nie en ek het toe met 'n paar ander kollegas gesels daaroor, ek kom toe agter dat die gr 7's nog nie eens weet wat "sneeze" is nie... Needless to say: ek moet nou nuwe lesse uitdink elke week.
Die ander interesante ding vir my was die vrae wat ek gekry het van die verskillende klasse. Die standaard 4 is altyd:
- "where are you from?"
- "how old are you?"
- "how tall are you?"
- "what is your hobbies?"
Terug in Taicang
Dit was 'n rukkie vandat ek laas gepost het, hier is 'n paar van die hoogte punte - ek sal uitbrei deur die res van die week soos ek kans kry:
Tot volgende keer,
PS
- Terug van Honk Kong met nuwe visa
- soek verder werk by international schools, kry dit nie
- probeer visa verleng: ook nie gebeur nie
- kry aanbod van middel skool in Taicang: vat dit
- vra vir hulp met visa: kry dit nie
- book vlugkaartjie terug SA toe en vervoer na my pa se werk vanaf die lughawe
- vat 'n kans met iemand in shanghai vir 'n nuwe visum en dit kom toe deur 'n paar dae voor ek sou terug vlieg:)
Tot volgende keer,
PS
Wednesday, 14 March 2007
HK stop over
Net soos wat my geluk dit sou he, was my paspoort beskadig op belangrike plekke soos die barcode en op my geboorte datum. Die vrou aan HK se kant het net haar kop geskud en my deur gelaat, die man aan sjina se kant het vir twee minute lank na al my vorige visums gekyk, sy superior nader geroep en selfs 'n huge elektriese vergrootglas ding uitgeruk en my paspoort verder bestudeer: die twee minute was so lank engelse poetry periodes en omtrent so senutergend soos 'n world cup final:)
Sunday, 11 March 2007
Random bus gesprekke
Ek vat gewoonlik die bus van Shanghai na Taicang, dit is al 'n redelike roetine vir my. Taicang is ook nie 'n groot toeriste aantreklikheid nie, so dis vir my 'n lekker breek van die toeriste produksie lyn af. Selfs die vrouens wat die kaartjies by die bus stasie verkoop se al: "Taicang?" as ek na hulle toe stap - dis 'n baie lekker gevoel in 'n groot stad.
Die tweede keer wat ek Taicang toe was, het ek die grootste sjinees wat ek moontlik nog gesien het ontmoet, uitsluitende daai nuwe 7-voet-iets basketball speler van china af. Hierdie reus was nie net 'n passasier op dieselfde bus nie, hy het ook die kaartjie besit vir die sitplek langs myne! Ek was nogal geintimideer en dus meer as een keer my sitplek(die window seat) en my kos aangebied. Hy het gehou van foto's op my ipod en ek kon darem vir hom verduidelik "my hond", "my huis" ens. ens. Hy was baie beleefd en vriendelik gewees - definitief meer as wat hy hoef te gewees het vir 'n ou met daai size - ek is gese dat die mense van noord china groter is soos jy Mongolia nader, terwyl hulle korter word na Hong Kong en die suide.
Nou onlangs net voor ek griep gekry het, het ek langs 'n ou gery wat goed engels kon praat. Ons het lekker gesels en toe 'n Friends episode gekyk op sy laptop. Hy werk vir 'n maatskappy wat kantore het in Finland, wat hy ook gaan besoek het 'n rukkie terug. Hy het vir my gese dat daar 5 miljoen mense is in Finland, hy was skoon geskok: "5 million! The whole country, 5 million. Shanghai alone is... is 20 million" het hy aangegaan daaroor vir 'n rukkie - ek kom nou agter dat ek eintlik nog steeds nie besef wat dit beteken om in 'n land met oor 'n biljoen mense in, te leef nie.
Die laaste trip Taicang toe het ek vir 'n oomblik gestop voor in die bus om te sien waar my kaartjie se ek moet sit. Toe hoor ek iemand se "just sit anywhere" - die aksent klink heeltemal te na aan die huis en ek toe vind uit dat die man 'n afrikaner is van joburg! Ons het lekker gesels in afrikaans, meeste van die tyd begin ons sommer in engels praat net uit gewoonte en dan weer oor geslaan afrikaans toe:)

Monday, 5 March 2007
Splendid Shanghai - more photo's
Renier het vandag vir my kom kuier in Shanghai, dis altyd lekker om 'n pel in 'n plek so ver van die huis af te sien. Ons het gaan Burger King eet op Nanjing road, gevolg deur 'n vrugtelose soektog vir 'n buskaartjie terug Taicang toe vir Renier. Hy het besluit om maar na die bus stasie te stap en sy kanse te vat. Hy was toe te laat en het die laaste bus gemis, ek het gesukkel om nie te lag nie. Hy moes toe maar in Shanghai oorslaap en die eerste bus die volgende dag vat, een wat hy moes stop soos dit by die stasie uitry of hy dit ook gemis:)
Hier volg 'n paar foto's wat ek geneem het op die laaste aand van Chinese new year.

Hier volg 'n paar foto's wat ek geneem het op die laaste aand van Chinese new year.
Epilogue: Chinese new year
Ek het verskriklik baie foto's geneem want alles om my was eenvoudig net prentjie mooi:)
Hierdie was die ingang na die tuine gewees, die begin van baie woellige straatjies van stalletjies - dit was rerig 'n baie mooi en lekker plek om te wees, almal is happy en lus vir die nuwe jaar!
Subscribe to:
Posts (Atom)