Nanjing is die ou hoofstad van Sjina, die naam beteken Suid Tempel waar Beijing weer die Noord Tempel is. Ek hou van die eenvoud: definitief 'n deurlopende tema hier. Al die foreigner onderwysers by die skool is na Nanjing vir die naweek: Ons werk 6 dae aan, Sondag af en dan 5 dae aan met 'n lang naweek van Vrydag tot Sondag, voor jy dink dis oulik, dit is nie - ek kon nooit gewoond raak daaraan nie!
Ons het met die trein deur geskiet vanaf Changzhou, dis gerieflik en vinnig. Ek was net bietjie uitgeput na die lang kort-week en sommer aan die slaap geraak met 'n heineken in my hand en 'n uitdrukking soos die van 'n koma pasient op my gesig, 'n foto is natuurlik geneem en op facebook gesit.
Nanjing het 'n geskiedenis, mees bekend vir "The rape of Nanking", ek het 'n boek daaroor gelees genaamd Dragon seed. Ek sal dit nogal aanbeveel want dis 'n goeie storie en dis goed vertel, ek het sommer 'n traantjie gepik toe ek sien die mense is steeds net so rustig en vriendelik soos hulle in die boek beskryf was, 60 jaar terug...
