Net soos wat my geluk dit sou he, was my paspoort beskadig op belangrike plekke soos die barcode en op my geboorte datum. Die vrou aan HK se kant het net haar kop geskud en my deur gelaat, die man aan sjina se kant het vir twee minute lank na al my vorige visums gekyk, sy superior nader geroep en selfs 'n huge elektriese vergrootglas ding uitgeruk en my paspoort verder bestudeer: die twee minute was so lank engelse poetry periodes en omtrent so senutergend soos 'n world cup final:)
Wednesday, 14 March 2007
HK stop over

Sunday, 11 March 2007
Random bus gesprekke
Ek vat gewoonlik die bus van Shanghai na Taicang, dit is al 'n redelike roetine vir my. Taicang is ook nie 'n groot toeriste aantreklikheid nie, so dis vir my 'n lekker breek van die toeriste produksie lyn af. Selfs die vrouens wat die kaartjies by die bus stasie verkoop se al: "Taicang?" as ek na hulle toe stap - dis 'n baie lekker gevoel in 'n groot stad.
Die tweede keer wat ek Taicang toe was, het ek die grootste sjinees wat ek moontlik nog gesien het ontmoet, uitsluitende daai nuwe 7-voet-iets basketball speler van china af. Hierdie reus was nie net 'n passasier op dieselfde bus nie, hy het ook die kaartjie besit vir die sitplek langs myne! Ek was nogal geintimideer en dus meer as een keer my sitplek(die window seat) en my kos aangebied. Hy het gehou van foto's op my ipod en ek kon darem vir hom verduidelik "my hond", "my huis" ens. ens. Hy was baie beleefd en vriendelik gewees - definitief meer as wat hy hoef te gewees het vir 'n ou met daai size - ek is gese dat die mense van noord china groter is soos jy Mongolia nader, terwyl hulle korter word na Hong Kong en die suide.
Nou onlangs net voor ek griep gekry het, het ek langs 'n ou gery wat goed engels kon praat. Ons het lekker gesels en toe 'n Friends episode gekyk op sy laptop. Hy werk vir 'n maatskappy wat kantore het in Finland, wat hy ook gaan besoek het 'n rukkie terug. Hy het vir my gese dat daar 5 miljoen mense is in Finland, hy was skoon geskok: "5 million! The whole country, 5 million. Shanghai alone is... is 20 million" het hy aangegaan daaroor vir 'n rukkie - ek kom nou agter dat ek eintlik nog steeds nie besef wat dit beteken om in 'n land met oor 'n biljoen mense in, te leef nie.
Die laaste trip Taicang toe het ek vir 'n oomblik gestop voor in die bus om te sien waar my kaartjie se ek moet sit. Toe hoor ek iemand se "just sit anywhere" - die aksent klink heeltemal te na aan die huis en ek toe vind uit dat die man 'n afrikaner is van joburg! Ons het lekker gesels in afrikaans, meeste van die tyd begin ons sommer in engels praat net uit gewoonte en dan weer oor geslaan afrikaans toe:)

Monday, 5 March 2007
Splendid Shanghai - more photo's
Renier het vandag vir my kom kuier in Shanghai, dis altyd lekker om 'n pel in 'n plek so ver van die huis af te sien. Ons het gaan Burger King eet op Nanjing road, gevolg deur 'n vrugtelose soektog vir 'n buskaartjie terug Taicang toe vir Renier. Hy het besluit om maar na die bus stasie te stap en sy kanse te vat. Hy was toe te laat en het die laaste bus gemis, ek het gesukkel om nie te lag nie. Hy moes toe maar in Shanghai oorslaap en die eerste bus die volgende dag vat, een wat hy moes stop soos dit by die stasie uitry of hy dit ook gemis:)
Hier volg 'n paar foto's wat ek geneem het op die laaste aand van Chinese new year.

Hier volg 'n paar foto's wat ek geneem het op die laaste aand van Chinese new year.
Epilogue: Chinese new year
Ek het verskriklik baie foto's geneem want alles om my was eenvoudig net prentjie mooi:)
Hierdie was die ingang na die tuine gewees, die begin van baie woellige straatjies van stalletjies - dit was rerig 'n baie mooi en lekker plek om te wees, almal is happy en lus vir die nuwe jaar!
Happy birthday to me!
Die 2de Maart was ongelukkig ver van vriende af vir my - Renier is in Taicang, ek is in Shanghai, en die res: ver. Ek het gehoor van 'n plek naby waar ek bly wat 'n Vrydag aand special aan het van 100RMB drink soveel as wat jy wil en net wat jy wil van 22:00 tot 02:00 - dis nie my pelle nie, maar dit moes maar net doen...
Ek het 'n Franse girl en Belgiese ou ontmoet waarmee ek later na 'n Mexican bar/club toe was waar dit tradisie is om op die kroeg te dans. Dis was nogal lekker:

Die volgende aand het ek ook saam met die franse gaan kuier. Ons het snacks gekry by een van die padstalletjies wat in 'n WYE verskeidenheid van-op-'n-stokkie cuisine spesialiseer. Die ou in die foto links se stalletjie is sommer deel van sy fiets: ek moet erken dat ek dink 'n ou in so 'n bevoregte posisie heelwat vetter sou gewees het...
Ek het besluit om te gaan vir vis op 'n stok (wat letterlik 'n hele vis wat vir jou staar, op 'n stok), en die hoender hart op 'n stok combo. Ek het ook 'n ander vleis gehad wat baie ryk was (ek dink dit is die pope's nose, of, soos die franse girl dit noem: zee shicken ass)
Baie dankie die emails en oproepe wat ek ontvang het, dit word baie waardeer:)
Ek het 'n Franse girl en Belgiese ou ontmoet waarmee ek later na 'n Mexican bar/club toe was waar dit tradisie is om op die kroeg te dans. Dis was nogal lekker:

Die volgende aand het ek ook saam met die franse gaan kuier. Ons het snacks gekry by een van die padstalletjies wat in 'n WYE verskeidenheid van
Ek het besluit om te gaan vir vis op 'n stok (wat letterlik 'n hele vis wat vir jou staar, op 'n stok), en die hoender hart op 'n stok combo. Ek het ook 'n ander vleis gehad wat baie ryk was (ek dink dit is die pope's nose, of, soos die franse girl dit noem: zee shicken ass)
Baie dankie die emails en oproepe wat ek ontvang het, dit word baie waardeer:)
Episode 53b: Anti biotika en malaria sones
Chinese new year het rerig ietsie vir almal, in my geval was dit griep. Ek het myself eers oorreed dat dit 'n verkoue is, maar moes uiteindelik gaan na die hospitaal wat Renier my verseker het daar mense is wat engels verstaan...
Daar was nie, selfs nie een nie. Ek het vir 'n rukkie probeer om my simptomes op 'n stukkie papier te krabbel maar die prentjie vir seer lyf was bietjie te oop vir interpretasie. Ek het toe 'n ou gebel wat chinees kan praat en hy kon redelik goed vir my tolk. Ongelukkig moes ek eers registreer, na die dokter gaan, temperatuur vat, bloed trek (by 'n vrou wat probeer vir die guinness rekord vir "vinnigste 'n naald uit 'n foreigner se aar yank") en toe antibiotika kry.
Ek het gedink dat die vrou my ouderdom wou weet vir die registrasie maar sy wou eintlik net gehad het dat ek haar 22RMB moes betaal so ons het vir omtrent 'n minuut lank "22!", "No! 23!" "22!" ens. op mekaar geskreeu. Om die dosis uitfigure was ook 'n avontuur gewees: selfs my tolk het nie geweet wat die vrou bedoel nie, en hy is chinees. Ek het toe maar hoop opgegee en besluit ek sal maar my kanse vat.
Die vrou van die SA international SOS in JHB kon gelukkig vir my se dat sy weet watter dosis ek moet vat maar die slegte nuus is dat ek in 'n malaria sone is, so as ek nie verbetering toon binne 'n paar dae nie gaan hulle my erens fancy vlieg vir observasie (moet se dit was tempting, was mos nog nooit in 'n ambulans gewees met die sirene aan nie - but alas, ek was reeds aansienlik beter die volgende dag).
Die res van die week was maar instant noodles, kfc en dvd's met Renier as my persoonlike assistent - hy's so gullible:)
Happy new year!
Subscribe to:
Posts (Atom)