Een van die 5 werke wat ek die jaar opgedoen het het my laat land in Anting, net buite Taicang: Ek gee Engels vir 'n vrou by die maatskappy vir 4 ure 'n dag vir 20 dae. Dit is my beste betalende werk nog.
Ek het lekker gelag vir die vrou vandag: sy begin nou stadig maar seker meer selfvertroue kry met haar engels en begin om nuwe sinne te probeer. Sy vertel my dat hulle een Duitser het wat gereeld tydens vergaderings se: "That makes no sense". Sy het nie geweet wat dit beteken nie, maar het toe afgelei dat (wag vir dit) dit seker iets soos "no matter" of "not at all" beteken.
Sy vertel hoe sy in 'n gesprek dit toe op die proef gestel het in 'n vergadering: Na almal klaar gesels het en vir haar bedank het, se sy toe heel polite "that makes no sense", loop weg en los die res van die geselskap in vraagtekens.
Ek voel jammer vir die Duitser wat so baie se "that makes no sense" dat hulle dit verwar met "no problem" van alle dinge, dis 'n tipiese voorbeeld van dinge wat verlore gaan in vertaling hier.
