Tuesday, 24 April 2007

How to become an instant celebrity...

Vandat ek en Renier getrek het na Taicang toe begin ek nou eers rerig voel soos 'n uitlander. Ons word gedurig uitgekyk in die strate of in KFC (ons een westerse straaltjie hoop in die stad), mense sal sommer net blatant staar.

Die handtekening konsep is baie snaaks vir Sjinese, blykbaar skryf hulle net hul naam en dan is dit ook hul handtekening. Nadat ek geteken het om die projektor te kon gebruik, het die hele klas begin oe en ah en voor ek myself kon kry was ek besig om lings en regs boeke en papiertjies te teken:)

Selfs as ek in die gange afloop verby 'n groepie kinders, neem hulle gesels al hoe meer af tot 'n absolute stilte, die spanning word dan gebreek deur 'n enkele "HA-LO", gevolg my "Hello" en dan giggel almal en hardloop weg.


Ons is nie die enigste westerse mense hier nie: daar is heelwat Duisters en Duitse maatskappye, maar hulle hou redelik by hulself. Andersins weet ek van een Aussie by die learning center waar ek engels gee vir volwassenes, en 'n New Zealand en American tannie by die hoerskool langs die skool waar ek is.

Ek moet se dat die enkele ding wat ouers die grootste laat glimlag, is as jy hulle kinders groet. Ons het selfs al gehad dat mense wat verby ons ry, die kar stop, die venster oopmaak en hulle kind laat "HA-LO How ah yoo?" oefen. Dis net 'n plesier en eintlik heel maklik om amper elke dag met 'n glimlag van die werk af terug te stap huis toe.

No comments: