Tuesday, 24 April 2007

Geloofskwessies

So 2 weke terug se les het gehandel oor die A-wim-ba-we liedtjie: The Lion sleeps tonight. Ek het verduidelik dat dit 'n ou Zoeloe lullaby was (ek kon uit die groot tekort aan reaksie sien dat 'n paar honderd jaar nie kwalifiseer as "oud" in sjina nie), ek het ook vir hulle vertel dat die zoeloes glo in 'n skepper genaamd Nkulukulu, dit was nogal vir hulle 'n snaakse konsep (nie dat hulle gelag het nie, hulle is net nie gewoond aan so iets nie).

Ek kon nog nie een persoon kry om vir my enigsins gelyksoortige persentasies kon gee oor wie wat glo nie, maar dis gewoonlik een of die ander of selfs 'n mengsel van bud1s me of tao1s me -agtige gelowe: al wat ek van die kon aflei is dat hulle crackers skiet met troues, geboortes, restuarante wat oop gemaak word ens. ens. Party het ook sekere g0de wat hulle aanbid vir goeie geluk - als wentel om geluk hierso. Alhoewel die mainstream gelowe is ook hier maar net 'n baie kleiner persentasies.

Hulle is ook erg oor hulle sel-nommers, nog nie mooi uitgevind nie maar lyk my 4 en 8 is nogal prominent: een is goed en die ander een sleg of so iets, steur my nie rerig daaraan nie. Hoe beter die nommer, hoe duurder. My sel nommer kon my enige iets van R40 tot R1000 gekos het, ek het besluit om my kanse te vat en maar vir die R40 opsie gegaan...

Dating and ettiquette


Ek was bietjie geskok dat skool kinders basies verbied is om te date. Jy kry darem 'n paar rebelle hier en en daar, maar hulle erg is in die minderheid. Nie dat dit 'n groot verskil vir my sou gemaak het op skool nie, maar dit was nice om te weet dat die moontlikheid daar was:) Dit veroorsaak ook dat 'n klomp mense sommer net trou met die eerste persoon met wie hulle begin uitgaan in universiteit.

Meeste vrouens hier dink ook dat dit baie snaaks is dat ek vir hulle die deur oopmaak of anders as mans hanteer: meeste maak sommer vir my die deur oop! Selfs die seuns en meisies in my klasse sal mekaar glad anders hanteer agv geslag nie: geen spesiaale hantering omdat jy 'n meisie is nie. Anders. Baie anders.

What is you English name?

Hier die is 'n foto van een van my 12 gr 7 klasse wat ek het. Daar is omtrent 40 studente in elke klas, so dit gee so 480 kinders in die standerd.

Ek het besluit dat almal Engelse name moet kry, eersten omdat dit hulle bietjie meer Engelse exposure gee en tweedens dat ek nou 'n kans staan om 'n paar te kan onthou.

My gunstelling name:

  • Hamburger
  • Wonderful
  • Miffy
  • God
  • Franjessica
  • Sky
  • Nike (outjie wat pose links voor in die foto)
  • Chairperson Zhu
  • Handsome
  • Google
  • Sleep
Die dissipline in die klasse is ongelooflik, selfs die klasse wat die ander onderwysers dink is te "lively" is net 'n plesier. Mens moet net weet hoe om die regte knoppies te druk bv. hulle ken van drills, jy kan hulle vra om enige iets oor en oor te se of doen sonder dat hulle eers dink. As jy een 'n vraag vra spring die kind onmiddelik op en probeer sy bes:)

Dis interesant dat hoe meer tyd ek spandeer met die kinders en hulle gesigte gewoond raak en begin onderskei, hoe meer begin hulle vir my identies lyk soos enige Suid Afrikaanse skool kinders: die stilles, die woeliges, die karakters ens. ens. Dis eintlik ontnugterend hoe presies dieselfde almal is.

How to become an instant celebrity...

Vandat ek en Renier getrek het na Taicang toe begin ek nou eers rerig voel soos 'n uitlander. Ons word gedurig uitgekyk in die strate of in KFC (ons een westerse straaltjie hoop in die stad), mense sal sommer net blatant staar.

Die handtekening konsep is baie snaaks vir Sjinese, blykbaar skryf hulle net hul naam en dan is dit ook hul handtekening. Nadat ek geteken het om die projektor te kon gebruik, het die hele klas begin oe en ah en voor ek myself kon kry was ek besig om lings en regs boeke en papiertjies te teken:)

Selfs as ek in die gange afloop verby 'n groepie kinders, neem hulle gesels al hoe meer af tot 'n absolute stilte, die spanning word dan gebreek deur 'n enkele "HA-LO", gevolg my "Hello" en dan giggel almal en hardloop weg.


Ons is nie die enigste westerse mense hier nie: daar is heelwat Duisters en Duitse maatskappye, maar hulle hou redelik by hulself. Andersins weet ek van een Aussie by die learning center waar ek engels gee vir volwassenes, en 'n New Zealand en American tannie by die hoerskool langs die skool waar ek is.

Ek moet se dat die enkele ding wat ouers die grootste laat glimlag, is as jy hulle kinders groet. Ons het selfs al gehad dat mense wat verby ons ry, die kar stop, die venster oopmaak en hulle kind laat "HA-LO How ah yoo?" oefen. Dis net 'n plesier en eintlik heel maklik om amper elke dag met 'n glimlag van die werk af terug te stap huis toe.

Terug skool toe

Soos ek reeds genoem het, ek is nou die graad 7 Mr. Oral English by 'n middle school - die kinders is eintlik heel aangenaam: so net voor puberty begin lelik raak:) Dis een van 'n paar middel skole in die omgewing en bleikbaar die moeilikste een om by in te kom.

Keuring is nogal groot hier met al die hengse populasie en al: hulle keur jou selfs vir jou laerskool en vind dit snaaks dat ons gewoonlik net een jaar kleuterskool het voor ons skool toe gaan, indien enige.

Meeste van die kinders bly in koshuise op kampus en kan al hul etes kry by die kafeteria. Elke klas het 'n baie groot TV wat kan inskakel by jou laptop (hou in gedagte die is 'n publieke skool), daar is ook blykbaar internet alhoewel ek dit nog nie gesien het nie.

Ek was verbaas om te sien dat die kinders 'n periode het waar 'n paar klasse die skool skoonmaak: ek het hulle nog nie die badkamers sien skoon maak nie maar basic plekke soos die vloere vee en mop, papiere optel en dies meer.
In die foto hier kan jy twee meisies sien die tuin skoon maak sonder enige klagtes, heel hard aan die werk.

Miskien wil die skool hulle leer om nie neer te kyk op straatveers as hulle eendag groot is nie, miskien probeer hulle net 'n randtjie spaar:)

Can you do the penguin?


My eerste dag as oral teacher was redelik nerve wrecking gewees, gelukkig was ek al gewoond daaraan om in 'n wild vreemde klas in te storm (weet nie hoe oud hul is nie, weet nie hoe goed hul engels is nie) en te begin klas gee: die gevreesde "Demo class".

Ek gee oral english aan die graad 7's, my eerste les (volgens hulle handboek) was oor micro-organisms: soos in fungus, bacteria, vaccinations en die lot. Hulle reaksie was nie baie goed gewees nie en ek het toe met 'n paar ander kollegas gesels daaroor, ek kom toe agter dat die gr 7's nog nie eens weet wat "sneeze" is nie... Needless to say: ek moet nou nuwe lesse uitdink elke week.

Die ander interesante ding vir my was die vrae wat ek gekry het van die verskillende klasse. Die standaard 4 is altyd:
  • "where are you from?"
  • "how old are you?"
  • "how tall are you?"
  • "what is your hobbies?"
Na die rondte is hulle nie meer so skaam nie en raak bietjie meer kreatief: een vraag was "do you have girlfriend?" (gevra deur 'n outjie) of my persoonlike beste "can you do the penquin?", dit was vir my snaaks om te moet waggel vir sosiale aanvaarding, maar hey: watookal rys op die tafel sit...

Terug in Taicang

Dit was 'n rukkie vandat ek laas gepost het, hier is 'n paar van die hoogte punte - ek sal uitbrei deur die res van die week soos ek kans kry:
  • Terug van Honk Kong met nuwe visa
  • soek verder werk by international schools, kry dit nie
  • probeer visa verleng: ook nie gebeur nie
  • kry aanbod van middel skool in Taicang: vat dit
  • vra vir hulp met visa: kry dit nie
  • book vlugkaartjie terug SA toe en vervoer na my pa se werk vanaf die lughawe
  • vat 'n kans met iemand in shanghai vir 'n nuwe visum en dit kom toe deur 'n paar dae voor ek sou terug vlieg:)
Ek geniet die oral english rerig baie, sal ook meer hieroor praat in die volgende blogs.

Tot volgende keer,
PS