Oktober 31 was Halloween gewees en al die Amerikaanse onderwysers wou graag 'n partytjie gegooi het waar hulle 'n pampoen uithol, opsny en buite die deur sit met 'n kers in. Kort hierna daag Batman op, die Australiaanse LO onderwyser by die skool, moet se hy is nogal 'n karakter: ek het hom voorgestel aan Captain Morgan, en ek dink dit was 'n fout gewees: hy is hopeloos verslaaf daaraan!
Thursday, 13 December 2007
Batman en halloween
Ons het 'n klomp jong onderwysers van Amerika en Kanada af sowel as 'n paar van Nieu-Seeland, Australie en 'n paar ander obskure plekke. Meestal gee hulle Engels vir die Sjinese afdeling en word gewoonlik gesê watter punte hulle klasse moet op uit average:)

Oktober 31 was Halloween gewees en al die Amerikaanse onderwysers wou graag 'n partytjie gegooi het waar hulle 'n pampoen uithol, opsny en buite die deur sit met 'n kers in. Kort hierna daag Batman op, die Australiaanse LO onderwyser by die skool, moet se hy is nogal 'n karakter: ek het hom voorgestel aan Captain Morgan, en ek dink dit was 'n fout gewees: hy is hopeloos verslaaf daaraan!
Oktober 31 was Halloween gewees en al die Amerikaanse onderwysers wou graag 'n partytjie gegooi het waar hulle 'n pampoen uithol, opsny en buite die deur sit met 'n kers in. Kort hierna daag Batman op, die Australiaanse LO onderwyser by die skool, moet se hy is nogal 'n karakter: ek het hom voorgestel aan Captain Morgan, en ek dink dit was 'n fout gewees: hy is hopeloos verslaaf daaraan!
Anji
Die Learning centre vir wie ek gewerk het, het op 'n uitstappie gegaan na Anji, 'n plek wat baie bekend is vir bamboes en ook Sjina se grootste vervaardiger blykbaar is daarvan. Dit was ook die plek waar Crouching Tiger Hidden Dragon gemaak was. Die ou in die foto was my persoonlike toergids gewees: eks bly om bietjie informasie te kry en hy is net bly dat hy 'n kans het om Engels te praat.

Na dit het ons na 'n park gegaan waar dalk 'n klein dieretuin was wat eksotiese diere soos perde en honde gehad het (Onder is 'n foto van rooi panda of beer kat, soos hulle dit hier noem). Daar was 'n opvoering deur 'n Sjinese minority groep mense en ons kon saam met hulle om bamboes stokke dans - hulle beweeg die stokke heen en weer op 'n ritme en dan moet mens tussen deur dans sonder dat die stokke jou tref - nogal pret!

Ons het gestop by 'n groot ou houthuis een of ander tyd naby die tweede wêreld oorlog deur soldate gebruik was. Die hele huis is van hout gemaak, geen gom of sement nie, net wiggies en watookal anders mens doen om hout aanmekaar te hou:) Die baas van die learning centre het gese dat sy grootgeword het in een van die huise en dat sulke huise baie karakter het: jy weet permanent waar almal in die huis is want die vloere kraak mos. Daar is bietjie meer geskiedenis oor Anji op Jackie Chan se blog by http://www.jackiechan.com/message_view?cid=766
International school of mystery
Ek het onlangs 'n werk losgeslaan by 'n internasionale skool in Changzhou, 'n stad met so 4 miljoen mense, net buite Shanghai. Die skool het drie afdelings: Sjinees, Nieu-Seeland en Internasionaal - ek val onder die laaste afdeling. Daar is omtrent 500 kinders in die skool altesaam met so 200 in die internasionale afdeling.
Subscribe to:
Posts (Atom)