Wednesday, 29 August 2007

Shandong, Qufu

Die internationale skool het op 'n uitstappie gegaan na Qufu, Confucius se dorp 2400 jaar gelede. Baie interresant en baie oud.
Dit was 'n lang trippie gewees en ons het gestop oppad soontoe by die berge waar Mao Zhedong (vorige president) 'n groot opponent gewen het om die land te wen. Die opponent het toe by een van die berge afgespring omdat hy so vernederd was oor verloor - ek sal nie verbaas wees as hulle hom afgestamp nie.

Ek het met 'n erge hoofpyn wakker geword 2uur die oggend, niks medikasie by die hotel, die taxi vat my na 'n hospitaal, ek verduidelik dat ek 'n hoofpyn pil soek. Die suster verstaan nie, sy wil weet hoe baie ek hoofpyn kry, ek verduidelik dat ek gewoonlik baie kry (ek het nie genoem dat dit meer geword het vandat ek in sjina is nie), ek soek net hoofpynpille, sy verstaan kop, pyn en pille - maar ek kry nie hoofpyn pille nie. Die "gesprek"/pictionary/charades hou aan vir omtrent 20 min waarna ek vir haar se dat ek beter voel en nou moet gaan. 
Ek se die taxi drywer "chifan", ek soek kos. hy verstaan. ek kry 'n bak gekookte deursigtige noodle-agtige, spicy stringe wat my darem bietjie beter laat voel teen 2.5 maal die gewone prys (special foreigner discount), terwyl my taxi se meter steeds loop omdat hy ook vir my kos wag en nie vir my se dat my hotel 50m van daar af was nie.

Nog 'n dag in Sjina.

Changzhou

Ek is aangestel by 'n internationale skool in Chanzhou as wiskunde onderwyser, vandat ek hier aangekom het, het my werkslading verdubbel in terme van vakke wat ek moet gee, buiten dit is ek laaste in die lyn gewees toe kamers uitgedeel was omdat ek die een gekry het wat 'n kas, 'n lessenaar en 'n bed bevat. Die bed is so groot dat daar nie plek is vir 'n stoel nie. Die mense met wie ek bly is darem vriendelik.
Die stad self is baie groter as my ou Taicang met 'n populasie van 4 miljoen, 'n redelike dorp op sjinese standaarde. Changshou is bekend (in Sjina) vir sy groot pagoda, die grootste in die hele wereld blykbaar. Ek het nie opgegaan nie, hulle charge jou seker per verdieping soos ek die donders ken.


Ek geniet dit om met die die bus na downtown te ry, dit kos my R1 vir 'n rit en dit middestad is vrolik, besig en kleurvol. Die klein goedjies wat ek waardeer is soos volg:

  • Die dak is geisoleer dus vrek ons nie van die ekstreme temperature nie, en verminder so ook die elektrisiteit rekening met minder aircon. 
  • Die water, dank die Here, word afgelewer: niks meer 22.5L dromme vir 6 verdiepings op dra nie!
  • Meeste verdiepings in meer as 6 verdiepings en het dus hysbakke volgens wet.
  • Daar is busse, niks meer 3 km loop vir KFC nie
  • Daar is wit mense, wat Engels is, nie praat nie maar is!
  • Daar is 'n winkel wat 'n kas quarts bier verkoop vir R30, 50m van ons villa af.
  • Daar is 'n winkel waar net foreigners mag koop, in die winkel is daar suiwel produkte en captain morgan, ek het amper gehuil toe ek dit sien!
Ek is herinner aan iets wat ek gelees van "happiness resonates from your deepest sadness", jy verstaan soet beter as jy eers sout geproe het.

Saturday, 11 August 2007

Aandklasse

Daar is omtrent 80 Duitse maatskappye in Taicang, so daar is baie mense wat graag vir hulle mense wil Engels gee (hoekom hulle nie eerder die mense Duits leer nie weet ek nie): ek het by twee maatskappye in gekom vir Engels gee.Dis lekker om 'n onderwyser in Sjina te wees, onderwysers en gaste word baie belangrik geag en altyd spesiaal hanteer: so ek score redelik in beide afdelings. Die onderwyser kry gewoonlik die beste stoel in 'n kamer, loop eerste by 'n deur in, word nie onderbreek of bevraagteken nie: wat eintlik vir my 'n hoofpyn was (wel, alles behalwe die stoel deel...).

As jy vir hul opinie oor iets vra sal hulle nie sommer iets erger sĂȘ as "so-so" nie, hulle skaal vir kritiek gaan van "not good", "so-so" tot "very gooda", maar hulle sal net "not good" se in die gevalle waar meeste Westerse mense sal vloek en skel...

Die laaste klas is altyd baie lekker, gewoonlik gaan almal vir ete (die teecha betaal natuurlik vir niks), en gun bei (bottoms-up) groot hoeveelhede ligte bier met elke individuele student sowel as die hele groep saam en daarna enige iemand wat voel dis nodig om weer dankie te se vir die onderwysher.

Van hier af is dit gewoonlik KTV of karaoke toe: ek moes my karaoke vaardighede bietjie opskerp omdat hulle snaaks genoeg ophou drink na die restaurant (dan eet ons net vrugte en neute en drink koeldrank), en dis gewoonlik wat ek nodig het om die moed op te bou te sing. Boonop dit kan meeste van hulle baie goed sing, 'n paar Engelse gunstellinge:
  • Sha-lala-lala
  • Yellow lemon tree
  • My heart will go on
  • Baie liedjies van die Beatles en soortgelyke trawante