Die stad self is baie groter as my ou Taicang met 'n populasie van 4 miljoen, 'n redelike dorp op sjinese standaarde. Changshou is bekend (in Sjina) vir sy groot pagoda, die grootste in die hele wereld blykbaar. Ek het nie opgegaan nie, hulle charge jou seker per verdieping soos ek die donders ken.
Ek geniet dit om met die die bus na downtown te ry, dit kos my R1 vir 'n rit en dit middestad is vrolik, besig en kleurvol. Die klein goedjies wat ek waardeer is soos volg:
- Die dak is geisoleer dus vrek ons nie van die ekstreme temperature nie, en verminder so ook die elektrisiteit rekening met minder aircon.
- Die water, dank die Here, word afgelewer: niks meer 22.5L dromme vir 6 verdiepings op dra nie!
- Meeste verdiepings in meer as 6 verdiepings en het dus hysbakke volgens wet.
- Daar is busse, niks meer 3 km loop vir KFC nie
- Daar is wit mense, wat Engels is, nie praat nie maar is!
- Daar is 'n winkel wat 'n kas quarts bier verkoop vir R30, 50m van ons villa af.
- Daar is 'n winkel waar net foreigners mag koop, in die winkel is daar suiwel produkte en captain morgan, ek het amper gehuil toe ek dit sien!
No comments:
Post a Comment