Die internationale skool het op 'n uitstappie gegaan na Qufu, Confucius se dorp 2400 jaar gelede. Baie interresant en baie oud.
Dit was 'n lang trippie gewees en ons het gestop oppad soontoe by die berge waar Mao Zhedong (vorige president) 'n groot opponent gewen het om die land te wen. Die opponent het toe by een van die berge afgespring omdat hy so vernederd was oor verloor - ek sal nie verbaas wees as hulle hom afgestamp nie.
Ek het met 'n erge hoofpyn wakker geword 2uur die oggend, niks medikasie by die hotel, die taxi vat my na 'n hospitaal, ek verduidelik dat ek 'n hoofpyn pil soek. Die suster verstaan nie, sy wil weet hoe baie ek hoofpyn kry, ek verduidelik dat ek gewoonlik baie kry (ek het nie genoem dat dit meer geword het vandat ek in sjina is nie), ek soek net hoofpynpille, sy verstaan kop, pyn en pille - maar ek kry nie hoofpyn pille nie. Die "gesprek"/pictionary/charades hou aan vir omtrent 20 min waarna ek vir haar se dat ek beter voel en nou moet gaan.
Ek se die taxi drywer "chifan", ek soek kos. hy verstaan. ek kry 'n bak gekookte deursigtige noodle-agtige, spicy stringe wat my darem bietjie beter laat voel teen 2.5 maal die gewone prys (special foreigner discount), terwyl my taxi se meter steeds loop omdat hy ook vir my kos wag en nie vir my se dat my hotel 50m van daar af was nie.
Nog 'n dag in Sjina.

No comments:
Post a Comment