Chinese new year het rerig ietsie vir almal, in my geval was dit griep. Ek het myself eers oorreed dat dit 'n verkoue is, maar moes uiteindelik gaan na die hospitaal wat Renier my verseker het daar mense is wat engels verstaan...
Daar was nie, selfs nie een nie. Ek het vir 'n rukkie probeer om my simptomes op 'n stukkie papier te krabbel maar die prentjie vir seer lyf was bietjie te oop vir interpretasie. Ek het toe 'n ou gebel wat chinees kan praat en hy kon redelik goed vir my tolk. Ongelukkig moes ek eers registreer, na die dokter gaan, temperatuur vat, bloed trek (by 'n vrou wat probeer vir die guinness rekord vir "vinnigste 'n naald uit 'n foreigner se aar yank") en toe antibiotika kry.
Ek het gedink dat die vrou my ouderdom wou weet vir die registrasie maar sy wou eintlik net gehad het dat ek haar 22RMB moes betaal so ons het vir omtrent 'n minuut lank "22!", "No! 23!" "22!" ens. op mekaar geskreeu. Om die dosis uitfigure was ook 'n avontuur gewees: selfs my tolk het nie geweet wat die vrou bedoel nie, en hy is chinees. Ek het toe maar hoop opgegee en besluit ek sal maar my kanse vat.
Die vrou van die SA international SOS in JHB kon gelukkig vir my se dat sy weet watter dosis ek moet vat maar die slegte nuus is dat ek in 'n malaria sone is, so as ek nie verbetering toon binne 'n paar dae nie gaan hulle my erens fancy vlieg vir observasie (moet se dit was tempting, was mos nog nooit in 'n ambulans gewees met die sirene aan nie - but alas, ek was reeds aansienlik beter die volgende dag).
Die res van die week was maar instant noodles, kfc en dvd's met Renier as my persoonlike assistent - hy's so gullible:)
Happy new year!
No comments:
Post a Comment