
Gisteraand was bleikbaar nou rerig die laaste aand van die nuwe jaar partytjie, eerlikwaar, nes ek dink dis verby steek iemand nog 'n cracker aan. Maar ek dink dis nou rerig klaar. Een plek om te wees gisteraand was by die Yuyuan Gardens (ek dink dis hoe jy dit spel).
Ek het verskriklik baie foto's geneem want alles om my was eenvoudig net prentjie mooi:)
Hierdie was die ingang na die tuine gewees, die begin van baie woellige straatjies van stalletjies - dit was rerig 'n baie mooi en lekker plek om te wees, almal is happy en lus vir die nuwe jaar!


Hierdie was nog voor ek nog by die tuin gedeelte in was.
Natuurlik geen party voledig sonder die hoof mascot van 2007 nie: 'n m%*rse vark.
Hierdie lanterns is oral, en die boodskap ook: rooi = good luck

Een of ander nativity scene sonder die geloofs element natuurlik:)

Die boom was 'n groot treffer, die mense het 'n munt wat aan 'n rooi band vas is, in die boom gegooi: weereens vir geluk raai ek.
No comments:
Post a Comment