Wednesday, 14 March 2007

HK stop over

Het sopas my nuwe visum gekry om terug te gaan china toe vir 'n rukkie. SA is rerig nie voor in die queue as dit kom by visums nie. Toe ek by die hostel aankom se die vrou vir my dat sy sommer dit kan doen, geen probleem, net een ding: waar kom jy vandaan? Toe sy sien ek is van Suid Afrika moes sy eers iemand anders bel, 'n lang gesprek he, en uiteindelik vir my laat weet dat ek maar eerder elders moet gaan soek vir 'n visum - nie dat ek verbaas was nie: hulle noem nie die SA paspoort die Groen Mamba vir niks nie...
Net soos wat my geluk dit sou he, was my paspoort beskadig op belangrike plekke soos die barcode en op my geboorte datum. Die vrou aan HK se kant het net haar kop geskud en my deur gelaat, die man aan sjina se kant het vir twee minute lank na al my vorige visums gekyk, sy superior nader geroep en selfs 'n huge elektriese vergrootglas ding uitgeruk en my paspoort verder bestudeer: die twee minute was so lank engelse poetry periodes en omtrent so senutergend soos 'n world cup final:)

||Ek het die paragraaf wat hier was maar uitgehaal want ek kan nie meer my blog access vandat ek dit ingesit het nie:) Dis was hoofsaaklik oor geloofs kwessies in die ooste. Hoop hierdie werk.||

No comments: