Ek vat gewoonlik die bus van Shanghai na Taicang, dit is al 'n redelike roetine vir my. Taicang is ook nie 'n groot toeriste aantreklikheid nie, so dis vir my 'n lekker breek van die toeriste produksie lyn af. Selfs die vrouens wat die kaartjies by die bus stasie verkoop se al: "Taicang?" as ek na hulle toe stap - dis 'n baie lekker gevoel in 'n groot stad.
Die tweede keer wat ek Taicang toe was, het ek die grootste sjinees wat ek moontlik nog gesien het ontmoet, uitsluitende daai nuwe 7-voet-iets basketball speler van china af. Hierdie reus was nie net 'n passasier op dieselfde bus nie, hy het ook die kaartjie besit vir die sitplek langs myne! Ek was nogal geintimideer en dus meer as een keer my sitplek(die window seat) en my kos aangebied. Hy het gehou van foto's op my ipod en ek kon darem vir hom verduidelik "my hond", "my huis" ens. ens. Hy was baie beleefd en vriendelik gewees - definitief meer as wat hy hoef te gewees het vir 'n ou met daai size - ek is gese dat die mense van noord china groter is soos jy Mongolia nader, terwyl hulle korter word na Hong Kong en die suide.
Nou onlangs net voor ek griep gekry het, het ek langs 'n ou gery wat goed engels kon praat. Ons het lekker gesels en toe 'n Friends episode gekyk op sy laptop. Hy werk vir 'n maatskappy wat kantore het in Finland, wat hy ook gaan besoek het 'n rukkie terug. Hy het vir my gese dat daar 5 miljoen mense is in Finland, hy was skoon geskok: "5 million! The whole country, 5 million. Shanghai alone is... is 20 million" het hy aangegaan daaroor vir 'n rukkie - ek kom nou agter dat ek eintlik nog steeds nie besef wat dit beteken om in 'n land met oor 'n biljoen mense in, te leef nie.
Die laaste trip Taicang toe het ek vir 'n oomblik gestop voor in die bus om te sien waar my kaartjie se ek moet sit. Toe hoor ek iemand se "just sit anywhere" - die aksent klink heeltemal te na aan die huis en ek toe vind uit dat die man 'n afrikaner is van joburg! Ons het lekker gesels in afrikaans, meeste van die tyd begin ons sommer in engels praat net uit gewoonte en dan weer oor geslaan afrikaans toe:)
No comments:
Post a Comment