Dit was Childrens Day hier gewees op die 1ste Junie so die kinders het net tot 12 uur klas gehad op die vorige dag. Elke klas moes 'n aktiviteit voorberei waaraan ander klasse kon deelneem. Hier is 'n paar van die dinge wat hulle kwyt geraak het:
- Hardloop met 'n ping-pang bal rond
- Plak die regte neus op die regte prentjie (geblindoek)
- Hoeveel albasters kan jy met chopsticks uit 'n bak water haal in 'n minuut. Dis nogal pret.
- Basketball natuurlik
- Crackers skiet (kooltjie hang aan 'n visstok en jy moet dit teen 'n lont balanseer tot dit vat)
- Hoeveel kerse kan jy dood blaas op 'n afstand van 'n meter en 'n half (omtrent)
Ek het oraait gedoen met die albasters (vir 'n 10-jarige miskien) en kon gelukkig een basketbal deur die ring gooi om vir my 'n paar sjokalade marsmallows te wen...
1 comment:
People should read this.
Post a Comment