Saturday, 28 July 2007

Dit raak nou warm hierso...


Taicang le tussen drie groot stede in sjina wat na verwys word as die drie oonde, en dit met goeie rede. Omdat Sjina so groot is, is dit eintlik te warm vir meeste mense buite die area, net die wat hier bly raak die hitte soortvan gewoond.

Dis interresant om te sien dat 'n blas of donker vel nie so populer soos in die Weste is nie, hier is dit net die mense wat in die ryslande werk of "die werkers" wat heeltyd in die son is en dus donder velle het. Ek was so bly dat ek bietjie 'n tan ontwikkel net om agter te kom dat mense neer kyk daarop!

Daar is 'n paar maniere om met die hitte saam te leef: nommer een is natuurlik aircon, maar ander goed wat help is om suiwer katoen of linne (bietjie buite my budget nou) klere te dra. My persoonlike gunstelling is die beddegoed: houtkussings and lakens! Hierdie en aircon werk goed om deur die aande te kom.

Hier is 'n foto van 'n ou huis (seker nie meer as 'n honderd jaar oud nie) wat ons raakgeloop het op 'n uistappie na 'n ander stad. Die hele huis is met hout aan mekaar gesit, dis hofsaaklik net houtplanke en wiggies.

No comments: