Saturday, 28 July 2007

Ek kyk op na die sterre...

en wonder by myself: waar is my kombuis dak heen?

Ek het laas Sondag na die dorp se swembad toe gegaan wat net 'n paar minute te fiets is van my af. Nadat ek geswem het en reg was om huis toe te gaan sien ek dat almal saam staan by die ingang. Niemand kon uitgaan omdat daar 'n hengse storm buite aan die gang was! Een van daais waar die bome sommer buig en die reën net sous!

Ek het 'n paar minute gewag vir die storm om bietjie te bedaar en toe maar na my fiets toe gehardloop en ter vergeefs die slot probeer oopsluit in die midde van die hierdie storm, na omtrent 'n minuut besef ek dat dit iemand anders se fiets was, ek het myne 'n bietjie verder gevind en huistoe begin ry. Op party plekke was die water seker 20cm diep.

Ek het by 'n Duitser ingeloer op pad huistoe en daar gewag tot die storm verby gegaan het. Ek kom uiteindelik later die aand by die huis aan en vind dat ons kombuis dak oor gevou was tydens die storm - wat kan 'n man maak? Gelukkig bou die mense mos soos demone, so die dak was vervang binne omtrent 'n dag en 'n half.

No comments: