As jy vir hul opinie oor iets vra sal hulle nie sommer iets erger sĂȘ as "so-so" nie, hulle skaal vir kritiek gaan van "not good", "so-so" tot "very gooda", maar hulle sal net "not good" se in die gevalle waar meeste Westerse mense sal vloek en skel...
Die laaste klas is altyd baie lekker, gewoonlik gaan almal vir ete (die teecha betaal natuurlik vir niks), en gun bei (bottoms-up) groot hoeveelhede ligte bier met elke individuele student sowel as die hele groep saam en daarna enige iemand wat voel dis nodig om weer dankie te se vir die onderwysher.
Van hier af is dit gewoonlik KTV of karaoke toe: ek moes my karaoke vaardighede bietjie opskerp omdat hulle snaaks genoeg ophou drink na die restaurant (dan eet ons net vrugte en neute en drink koeldrank), en dis gewoonlik wat ek nodig het om die moed op te bou te sing. Boonop dit kan meeste van hulle baie goed sing, 'n paar Engelse gunstellinge:
- Sha-lala-lala
- Yellow lemon tree
- My heart will go on
- Baie liedjies van die Beatles en soortgelyke trawante
3 comments:
hahaha. Wat het daai een ou in sy hand? Nog 'n hand om mee hande te klap? - Dit is 'n logistieke nagmerrie en vermorsing van reeds bestaande hulpbronne!
Hi Pierre
Bietjie lanklaas gechat :-) Moet jou weer vang op Google Chat. Sien nou eers jou post, lyk my blogspot se RSS feeds is gebreek. Very interesting - lyk my 'n onderwyser is 'n posisie van groot respek (soorgelyk aan die burgemeester van ouds hier by ons).
Klink lekker - lyk my die travel doen jou ook goed. Gaan check binnekort my blog uit, gaan prolly more 'n paar nuwe goed post.
Groete,
Dirk
Hey Pierre, hoor jy kom bietjie huistoe volgende jaar... awesome... laat weet maar...
Post a Comment