Monday, 30 July 2007

Kos en culture clashes

Ek het gisteraand saam met een van die aandklas groepe gegaan na 'n groot riviermond waarvoor Taicang blykbaar bekend is (ja, dit is die rede hoekom Taicang sooo bekend is). Na ons bietjie vir die rivier gekyk het was dit tyd vir aandete: ons het na Leo Hur (of so iets) gegaan wat 'n klomp oulike ou straatjies gehad het met lanterns, ou ooms wat sit en kaart speel en die bruggie:Na die stappie was ons restaurant toe gewees, ek is altyd beïndruk met al die kos wat hulle uitpak. Dis een van die klein goedjies wat mens 'n idee gee van die Sjinese: die kos is almal s'n, jy vat wat jy nodig het. Ek is nou al op die punt waar ek omtrent 20% van die kos wat ek eet kan herken, en van daardie porsie wat ek wel ken, weet ek nie HOE om te eet nie!

Die rofste was die bord net agter die mini-lobsters voor links: it smell very bad but taste very gooda! Ek kon my maag nie stop om omtrent 2 bollemakiesies te maak voor elke hap wat ek vat met die verskriklike reuk in die lug nie! Ek kon myself nie stop om te giggel vir die hele situasie nie - amper soos mense by 'n begrafnis of in 'n hospitaal begin giggel vir enige ding.
Een ding wat ek opgemerk het is dat die mense selde vra vir 'n doggybag, ek het eers gedink dis baie morsig en het beter verwag van hulle, maar die ou langs het vir my verduidelik dat meeste Sjinese eenvoudig net te skaam kry om te vra om die left-overs huis toe te vat, selfs al het hulle die kos nodig.

Saturday, 28 July 2007

Ek kyk op na die sterre...

en wonder by myself: waar is my kombuis dak heen?

Ek het laas Sondag na die dorp se swembad toe gegaan wat net 'n paar minute te fiets is van my af. Nadat ek geswem het en reg was om huis toe te gaan sien ek dat almal saam staan by die ingang. Niemand kon uitgaan omdat daar 'n hengse storm buite aan die gang was! Een van daais waar die bome sommer buig en die reën net sous!

Ek het 'n paar minute gewag vir die storm om bietjie te bedaar en toe maar na my fiets toe gehardloop en ter vergeefs die slot probeer oopsluit in die midde van die hierdie storm, na omtrent 'n minuut besef ek dat dit iemand anders se fiets was, ek het myne 'n bietjie verder gevind en huistoe begin ry. Op party plekke was die water seker 20cm diep.

Ek het by 'n Duitser ingeloer op pad huistoe en daar gewag tot die storm verby gegaan het. Ek kom uiteindelik later die aand by die huis aan en vind dat ons kombuis dak oor gevou was tydens die storm - wat kan 'n man maak? Gelukkig bou die mense mos soos demone, so die dak was vervang binne omtrent 'n dag en 'n half.

Dit raak nou warm hierso...


Taicang le tussen drie groot stede in sjina wat na verwys word as die drie oonde, en dit met goeie rede. Omdat Sjina so groot is, is dit eintlik te warm vir meeste mense buite die area, net die wat hier bly raak die hitte soortvan gewoond.

Dis interresant om te sien dat 'n blas of donker vel nie so populer soos in die Weste is nie, hier is dit net die mense wat in die ryslande werk of "die werkers" wat heeltyd in die son is en dus donder velle het. Ek was so bly dat ek bietjie 'n tan ontwikkel net om agter te kom dat mense neer kyk daarop!

Daar is 'n paar maniere om met die hitte saam te leef: nommer een is natuurlik aircon, maar ander goed wat help is om suiwer katoen of linne (bietjie buite my budget nou) klere te dra. My persoonlike gunstelling is die beddegoed: houtkussings and lakens! Hierdie en aircon werk goed om deur die aande te kom.

Hier is 'n foto van 'n ou huis (seker nie meer as 'n honderd jaar oud nie) wat ons raakgeloop het op 'n uistappie na 'n ander stad. Die hele huis is met hout aan mekaar gesit, dis hofsaaklik net houtplanke en wiggies.

Sunday, 8 July 2007

Die prys van rys


Dis redelik maklik om rys-landerye te vind as mens op die buite wyke (Renier het my gehelp met daai woord) van die stad rond ry. Ek het vanoggend gehoor dat die boere rys plant een helfde van die jaar en graan die ander helfde, en dit in dieselfde grond.

Ek was verbaas om te sien dat rys die hele tyd in water le en groei, ek sou dink dat malaria 'n bietjie van 'n issue sou wees maar lyk my nie dit is in Taicang 'n probleem nie. Ek was ook gese dat 'n gemiddelde boer so R800 vir hul graan oes kan kry, nog nie uitgevind oor die rys nie maar dis op my lysie so hopelik sal die spanning nie te lank duur nie.

Ek het gedink ek sou darem meer oor rys in sjina kon se maar ek dink ek het sopas al daardie kennis uitgeput in die vorige paragraaf...

Childrens day

Ek sien nou eers hoe lanklaas ek gepost het, sal 'n paar hoogtepunte deur die volgende dae probeer blog, maar dit was maar redelik skouer teen die wiel gewees so daar is nie iets eksoties om te rapporteer nie ongelukkig.

Dit was Childrens Day hier gewees op die 1ste Junie so die kinders het net tot 12 uur klas gehad op die vorige dag. Elke klas moes 'n aktiviteit voorberei waaraan ander klasse kon deelneem. Hier is 'n paar van die dinge wat hulle kwyt geraak het:
  • Hardloop met 'n ping-pang bal rond
  • Plak die regte neus op die regte prentjie (geblindoek)
  • Hoeveel albasters kan jy met chopsticks uit 'n bak water haal in 'n minuut. Dis nogal pret.
  • Basketball natuurlik
  • Crackers skiet (kooltjie hang aan 'n visstok en jy moet dit teen 'n lont balanseer tot dit vat)
  • Hoeveel kerse kan jy dood blaas op 'n afstand van 'n meter en 'n half (omtrent)

Ek het oraait gedoen met die albasters (vir 'n 10-jarige miskien) en kon gelukkig een basketbal deur die ring gooi om vir my 'n paar sjokalade marsmallows te wen...

Summer jobs: Good afta-yoooo!


Die skole het die week toe gemaak en somer vakansie in nou in full swing, so ek tel maar deeltydse werkies op waar ek kan. Dit is gelukkig nie te moeilik nie aangesien ek en Renier seker 2 van 10 Engelse onderwysers is tussen 'n half-miljoen mense is; of altans so sou mens dink.

Ek was gevra om uit te help by 'n program vir kinders net buite die middestad wat lyk asof dit nogal goed uitdraai. Die tjokkertjies is omtrent 6 jaar oud met geen Engelse agtergrond of blootstelling nie. My eerste les was soos volg:

Hello! (uitgespreek HAA-LOU)
Hi!
Good morning (goo-da mo-knee)
Good afternoon (goo-da afta-yoooo)
Good evening (goo-da eef-knee)

Ek geniet dit baie, mens kan nie rerig jou voet verkeerd sit met die mense as jy wit is nie, en die kinders is ook baie gretig om te leer. Sal in die volgende blogs bietjie iets se oor skool gaan in sjina.
Hier is die teazer solank: Dis heel normaal as 'n kind skool gaan van 7:30 tot 21:00 elke dag, 13 van elke 14 dae. Tot later.