
Gisteraand was oujaarsaand gewees. Ek en Renier het 'n paar vuurwerke gaan koop en die pad geslaan - ons kon nie rerig enige iemand kry wat buite hul huis skiet nie so ons het maar terug gegaan na die flat toe. Ons bly op die sesde verdieping heel bo, en elke verdieping het 'n liggie wat deur klank geaktiveer word, so as jy hard trap naby die liggie dan gaan hy aan, maar dis moontlik om verby te sneak sonder dat dit afgaan - dit word eenvoudig net nie vir my oud nie:) In elk geval, ons spring toe op die dak en steek een van die dinamiet-agtige stafies aan en staan terug. Die ontploffing was twee-ledig, die eerste deel skiet die boonste deel hoog in die lug op, hierdie deel ontplof dan so 2 sekondes later.
Die eerste ontploffing was so hard dat dit al die ligte in ons gebou en die een oorkant ons aangeskakel het, sowel as 'n paar scooters en karre se alarms geaktiveer het! Dit was aangevul met die tweede ontploffing wat net so hard was, maar gelukkig verder in die lug op. Ek het seker met twee tree van die dak af en in die huis ingespring - oortuig dat ons een of ander wet oortree het.

Die interesante ding is dat niemand rerig omgegee het nie, ek dink hierdie plek is enige rebelerende hoerskool kind se droom:) Die bure het ons wel terug gekry deurdat hulle so 1AM se kant dieselfde crackers geskiet het, maar van die onderste vloer af - die tweede ontploffing het reg langs Renier afgegaan wat heel onskuldig staan en foto's neem het, hy se dat stukkies van die vuurwerk oor hom gewaai het!
Ek kon nie ' n beter aand gekies het om siek te wees nie, dis amper onmoontlik om te slaap, die vuurwerke gaan reg deur die nag aan. Dit bereik 'n klimaks teen middernag natuurlik wanneer dit klink soos 'n ernstige haelstorm op 'n sinkplaat dak met die occasional weerlig blits reg langs die venster (sien vorige paragraaf:)
No comments:
Post a Comment