Ek en Renier is nou al amper gesettle in die stad Taicang. Renier werk nou al van Vrydag af en hy se dis oraait. Ek sal die vorige maand se avonture insit, moet nog net internet by die flat kry en dan is ons reg vir aksie!
Het nounet gaan eet in een van die klein restuarantjies (meer soos "kombuis met 'n paar tafels en stoele"), ek het vinnig rond gekyk na wat die ander mense eet en vir die kok gewys watter een ek soek. Ek vra toe ook vir Pepsi en kry 'n moerse bier (ek like hoe sy dink maar dit was nog bietjie vroeg vir my), 'n ou het langs my kom sit en baie trots gese "I drive taxi" en sy kar vir my uit gewys, hy het my ook probeer leer hoe om te eet met chopsticks, maar het opgegee na so 5 min.
Die kos was oraait gewees, ek is nogsteeds bietjie gebaffle deur die stukkies wat soos diepvet hoender lyk en grate in het. Die mini hard gekookte eiers was ook weird gewees (ek dink dit was duif eiers of iets) Dis selfs 'n mission om 'n hoofpyn pil te kry by die apteek.
No comments:
Post a Comment