Monday, 12 February 2007

Uiteindelik!

Uiteindelik! Na 5 dae se vlieg, ferry, bus, coach en taxi is ons in Shanghai!
Die lug is baie besoedeld, maar dit is die mooiste skyline wat ek nog gesien het. Nadat ons in die hotel in geboek het, was ons oppad na die Captains Hostel vir 'n duur Heineken en 'n ongelooflike uitsig:

Toe ek na die bar toe stap het een waitress vir my gekyk en gese: "Ah! Long time no see!", ek het vir haar gese dat ek nog nooit van te vore in die hostel of continent was nie en sy se dat dit toe seker my broer dan was - so Johann, sy stuur groete. Het 'n nederlander raak geloop en lekker saam gekuier. Verskriklik baie verskillende nationaliteite hier in die hostel, was die eerste aand saam met 'n ou van Switzerland wat in Zimbabwe gebore is, 'n Fransman en 'n czeck - dit klink soos die begin van 'n goeie grap.

CCTV9 is al kanaal wat engels is op TV, maar dis so eentonig dat ons eerder maar die sjinese kanale kyk.

Cheers

No comments: