Saturday, 17 February 2007

Kos in Shanghai

Afhangende van waar jy gaan kan 'n maaltyd jou tussen 4 en 100 RMB kos redelik maklik, die westerse kosse en fast food plekke is gewoonlik duurder. 'n Meer plaaslike dis sal meer iets wees soos 'n bak sop met 'n spagetti-rige noodles en allerhande vleise en groente in, beef chowmein is nie so populer soos ek gehoop het nie - dis meer 'n katonese dis.
Mense hou nogal van 'n tipe koffie wat baie soet en melkerig is, dit bevat ook een of ander bessie wat ek nog nie genoeg mannemoed voor opgewek om te probeer nie:
Een ding wat my vang is hoe moeilik dit is om brood in die hande te kry! Die brood hier is gewoonlik baie soet indien jy enige iets in die hande kry. Maar ons het 'n plekkie gekry waar jy meer westerse groceries in die hande kan kry teen 'n prys. Selfs weetbix - Renier was ekstaties hieroor, hy dink nie instant noodles kwalifiseer vir ontbyt nie:)

No comments: