Ek het 'n lekker chat gehad met 'n chinees wat in china gebly het tot hy 12 was en toe SA toe gegaan het, hy was selfs in Marula op tuks gewees! Hy se die kinders word oor die algemeen vreeslik oorlaai met huiswerk. Almal het basically dieselfde vakke tot in matrik en die kompetisie is baie tough siende dat daar oor 'n biljoen mense in die land is. Shanghai alleen het meer mense as helfde van SA se bevolking. Bleikbaar sal 0.2% 'n verskil maak aan jou keuring, 'n ou wat 67.7 kry sal na 'n ander universiteit gaan as een met 67.9%.Die ander gevolg van die massas werk is dat sosiale ontwikkeling stadiger is, die kinders is kinderagtig vir langer:) Die kompetisie is streng en ongelukkig voeg die een kind wetgewing hieraan toe, dis heel moontlik dat een kind al kleinkind is vir beide stelle ouma's en oupa's wat hy het - baie aandig en baie druk. Die nommer een oorsaak van afsterftes vir mense tussen 15 en 24 jaar in hong kong is selfmoord. Sover kon ek van al die chats met onderwysers aflei dat kinders nie rerig baie uitkom of iets doen behalwe huiswerk of voor die rekenaar sit nie, hulle word ook ongelukkig nie baie aangemoedig om hul verbeelding te gebruik nie.
No comments:
Post a Comment