Hierdie is hostel waar ons meeste van ons tyd in Shanghai geslaap het, dis redelik goedkoop met 'n nice bar, TV met 'n klomp DVD's en 'n pool tafel - dis ook naby aan die metro en Nanjing Road (foto).Dis meeste van die tyd fine om 'n wester in China te wees, want mense kyk jou net vir 'n rukkie aan en gaan dan aan met hulle lewe, maar ongelukkig word mens gemerk deur bedelaars en hawkers. Die mense stuur baie hulle kinders om te gaan bedel vir hulle - ek het vandag op die metro gestaan 'n meisie van seker 4 het na my toe gestap en op haar kniee voorentoe en terug gewieg en gevra vir geld vir 'n paar minute. In die strate sal mense ook vir lang stretches langs jou loop (meestal net in Nanjing road) en Lolex, masagee en DBD's aan jou probeer verkoop.
Het 'n nice fransman ontmoet by die hostel, Julian. Hy het ons na 'n indiese restaurant toe gevat - baie lekker kos, musiek met 'n live performance gehad. Julian het ok geweet van ons eie white zulu, Johnny Clegg - en 'n paar strofes van Scatterlings of Africa gesing (ek hou nie eens baie van die liedjie nie maar om dit te hoor so ver van die huis af gee mens sommer hoendervleis). Hy was heel uitgesproke teen die einde van die aand en toe 'n video opkom van bom aanvalle in Iraq, het hy baie sarkasties begin hande klap en cheer:)

Het ook 'n brit daar ontmoet wat laasjaar bedank het en al vir 8 maande die wereld toer, baie lekker saam met hom gekuier en 'n paar sites gesien insluitend die Jin Bo Tower (foto). Die toring het die hoogste poskantoor en laundry shoot in die wereld - ek het gedink dat hulle die twee rekords kan kombineer en dan ook die langste posbus in die wereld he:) Renier die reg deur die aand gaan kuier met 'n Ier, hierdie Brit en ook 'n columbian prokureur, wat kan ek se: net nog 'n aand in Mingtown.
No comments:
Post a Comment