Saturday, 17 February 2007
Oujaars aand en Renier se nagmerrie skets
Renier was vandag gevra om 'n prentjie te teken vir die kinders vir die letter F, die doel is dat die kinders 'n nuwe letter leer en dan 'n assosiasie daarmee maak. Hy het toe die meesterstuk onder uitgedink, die onderskrif se "forkhandman is coming for you!". Hy het gedink dis nogal funny, ek het gedink hy kan bly wees dat hy nog 'n werk het:)

Ons is nou besig om gereed te maak vir die chinese new year, Renier het 'n paar crackers gaan koop - dis BAIE goedkoop. Bleikbaar hou die party aan vir die hele week, meeste expats vlug landuit tot als oor en verby is. Dis nou eers 8 uur die aand dit klink soos 'n haelstorm buite! Die punt agter die vuurwerke is bleikbaar om die slegte geeste weg te dryf - ek dink dat hulle maar net hou daarvan om goed op te blaas, net soos enige een van ons:) Dis die jaar van die vark of boar en laas jaar was die jaar van die hond. Dis bleikbaar 'n goeie jaar om 'n kind te he, ek en Renier sal maar ekstra versigtig wees by die klubs van nou af:)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment