Ons het vir die dag deur gegaan na Taicang toe, ons was reg om te dink dat dit net 'n bus rit weg was maar ongelukkig was dit 'n uur een bus en toe nog 'n uur op 'n long distance bus weg.Die rivier oewer is pragtig in die aande:
Al die mense wat buite was, was heel besig met tai chi agtige goed in die strate en by die tempels. Nooit baie intense oefeninge soos aerobics nie maar hulle net die heeltyd besig om iets te doen, al is dit net arms swaai en loop of sefls net agteruit loop.
Volgende mikpunt is om die tuine bietjie te gaan uitkyk, maar 'n paar dinge moet ongelukkig nog gebeur voor ons kan begin toer.
Het die aand sommer 'n random plekkie probeer om te gaan eet en weer op 'n baie klein restaurantjie afgekom- miskien 5m X 3m kombuis ingesluit. Ek het probeer vir die ou verduidelik wat ons wou he maar nie dit gekry nie ongelukkig, ek kon wel vir hom verduidelik dat ek nie iets spicy wil he nie.
Hier is Renier met die kok van die restaurant, die bak kos en 3 porsies rys het ons R20 gekos. Ons kry ook warm water komplimenter, en gelukkig is Renier 'n koffie adict so hy kon net sy instant nescafe poeiertjies uithaal - die man is nogal erg oor sy koffie:)
Volgende mikpunt is om die tuine bietjie te gaan uitkyk, maar 'n paar dinge moet ongelukkig nog gebeur voor ons kan begin toer.
Het die aand sommer 'n random plekkie probeer om te gaan eet en weer op 'n baie klein restaurantjie afgekom- miskien 5m X 3m kombuis ingesluit. Ek het probeer vir die ou verduidelik wat ons wou he maar nie dit gekry nie ongelukkig, ek kon wel vir hom verduidelik dat ek nie iets spicy wil he nie.
No comments:
Post a Comment