Ek en Renier het ons avontuur begin deur van Thambo International af te vlieg vir omtrent 10 ure na Singapoer. Ek het probeer om 'n duik te maak in die minibar. Ons het elke kans wat ons gekry het 2 bacardis en coke bestel en watookal Renier wou gehad het. Die eerste 7 of 8 ure het redelik gevlieg maar die laashste paar was net vasbyt...

Ons het op Singapoer geland met so 6 ure om te blaas voor die volgende vlug na Hong Kong toe vertrek. Renier het bietjie die lughawe gaan verken (Changi Airport - very nice, very big), en die kooi dammetjie ontdek (sien foto) en meeste van die fasiliteite gaan sien. Ek was dood gelukkig met 'n dut langs 'n potplant tot en met verdere kennisgewing...
Ek het ook die
feesh-bol soop probeer op Changhi, ek sal nie se dit was sleg nie maar ek is wel bly dat die flight attendant van die Hong Kong vlug 'n paar imodiums handig gehad het: of hoe se hulle: "1, 2, 3 blok myself".

Ons het van HK airport die bus gevat na 'n area wat om en by naby was aan ons hostel, ons het seker 19h die aand van die bus afgeklim in 'n soortgelyke miershoop as die foto links.
Na omtrent 'n halfuur se gesoek en pictionary speel met die locals (eks oortuig meeste van hulle praat engels, hulle hou net daarvan as jy rond spring en verduidelik) het ons die plekkie gekry.
Ons het besluit om 'n ekstra dag in HK te bly en bietjie rond te loer. Hier is 'n paar foto's van ons kamer, die mall en 'n temple erens (ons het ongelukkig verdwaal so ek kan geen verdere detail oor dit gee nie:)

Kamer. Bietjie klein maar sufficient. Ons het nie vensters gehad nie en ook vergeet om 'n wekker te stel vir die volgende dag: jetlag + barcardi + backpack = 14 ure wel-verdiende slaap. Ek het die volgende oggend opgestaan en verby die housekeeping gestap en gese "Good morning", sy het my net aangekyk, geglimlag en aangestap - die horlosie staan toe al op 14h30.

Temple

Hier is 'n foto van ons in 'n mall. Hierdie stel roltrappe is bleikbaar een van die langstes in HK of die wereld of iets

Van hier af het ons die ferry of TurboJet gevat van Hong Kong na Shengzen toe. Ons was eers lughawe om te probeer 'n vlug kry na Shanghai toe. Die vlugte was 'n bietjie duur gewees, so ons het maar besluit om die aandi n Shengzen te spandeer en weer te probeer die volgende dag. Ons het plek gekry in 'n 4 ster hotel binne stap afstand van die lughawe vir R90pppn, dit was rerig nice vir my gewees. Die mense van die restuarant was besonder vriendelik gewees en die waitress het gevra dat die chef (al ou wat kan engels praat) vir my my se dat sy dink ek het 'n mooi neus. Ek weet nou nog nie of sy sarkasties of net bietjie anders is nie, moontlik beide.

Dis hoe ons hotel kamer gelyk het. Heel nice ek moet se. Daardie bakkie instant noodles was ook 'n avontuur op sy eie gewees, ek het 3am wakker geword van my maag se gegrom, die restuarant was toe en ek moes toe maar die pad slaan met 'n boekie met 5 frases sjinees in (waarvan "not too spicy" die handigste was), my pj's en 'n paar komplimentere stort flops opsoek na winkeltjie wat nog oop was...

Hierdie plaatjie as bo die toilet gewees, ek weet nou nog nie wat dit beteken nie...
Van hier af het ons gevlieg na Shanghai toe. Meer hieroor in die volgende post.